Wednesday, September 30, 2009

Mooi lywe...nie sulke mooi bikini's

Die somer is op ons... vir die wat nog winter vetjies wil afskud, jy sal moet gou maak. More is dit Oktober, so jy het 8 tot 10 weke om in top form te kom. Gaan koop maar vir jou 'n buns of steel dvd of bespreek jou pilates klas.
My pilates DVD le by die huis. Tot sover het ek dit al 'n paar keer gebruik, ek is eintlik nogal lui en nie een vir op my eie tyd oefen nie.
Note to self: Van uitstel kom afstel...

Sit aan daai George Micheal CD en nooi 'n vriendin vir 'n oefen sessie. Die tyd is nou!!
Hoe het die celebs hulle bikin's die somer gedra! Fotos te danke aan InStyle.com



Rihanna het 'n baie oulike swart bikini aand, dit pas haar lyf goed... veral haar kleinerige borste. Die enigste ding wat ek het teen daai styl van toppies is dat die mens se borste soms soos worsies laat lyk. Nie goed nie. Veral as mens nie bandjies dra met so toppie nie. Wanneer jy dit net as 'n boobtube gebruik, dan maak dit regtig jou boobs tubes.



Jenny McCarthy se bikini kan dieselfde worsie-effek he. Not good.




Dit lyk asof Katy op vakansie is saam met haar ouma. Sy het duidelik haar eie swemboek by die huis vergeet. Dis nou wat jy kan noem ultra-retro. Die bikini is baie vroulik en hierdie styl pas haar persoonlikheid goed, maar nie haar boobs nie. Katy Perry wil weird en wonderful wees en sy kry dit reg. Die hoe broekie is hoog mode! Sy het baie meer selfvertroue as ek. Ek sal nooit so bikini dra nie!



Hierdie foto laat my twee keer dink. Dis is eitlik nogal cute, ek dink Katy se boobs spoil die foto van haar. Hulle het bietjie meer ondersteuning nodig!



Ai Miley.. jy het sooo baie geld. Kan jy nie maar vir jou 'n bikini koop waarvan die broekie en die toppie pas nie? Daai sonbril moet jy vir jou boetie terug gee, mens dra nie sport brille as jy nie sport doen nie. Selfs dan gril ek so bietjie vir die classic fietsry Oakley. Yuck.



Annalyne McCord van die 90210 faam. (Wie sou ooit gedink het 90210 gaan uit die dood uit opstaan) Hierdie wit bikini is baie sexy. Ek is ni een vir wit bikini's dra nie, maar hulle is darem baie mooi! Mens kmag mos nie in die aantrek kamer dit nat spuit om te kyk of dit nie dalk deurskyn nie. Ek vertrou dus nie die kleur nie.(Goeie idee! Swembroek aantrek kamers waar jy in water kan klim om te kyk of jou baaibroek deurskyn.) Sand korrels gaan sit ook in die materiaal vas, wat jou OMO wit bikini 'n off-white maak in een vakansie.




Hoekom het Whitney Port op hierdie bont nommertjie besluit? Dis baie duidelik 'n Missoni, met 'n 'tydlose ontwerp'. (Ek twyfel!) Dit is wanneer ek dink mense koop net iets omdat dit 'n 'n label het. Dis glad nie vir my mooi nie. Lyk soos iets wat sy in Laerskool moes dra

Monday, September 28, 2009

Sunday, September 27, 2009